rolsteen [boodskap #140491] |
Sun, 23 October 2022 16:44 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
rolsteen
Afbreking: rol•steen
Samestelling: rol + steen
Selfstandige naamwoord: rolsteen
Meervoud: rolstene
Verkleinwoord: rolsteentjie
Meervoud van verkleining: rolsteentjies
Betekenis:
• Ronde klip wat deur water glad geskuur is; spoelklip; kiesel.
• Ronderige steen wat vir een of ander doel rondgerol word.
Gebruik:
• Die rivierbedding is met 'n laag rolsteen bedek.
• Voor Jesus se graf was daar 'n rolsteen wat oop en toe gerol is.
Vertaling:
Engels: pebble; boulder
Nederlands: rolsteen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|