geelkoper [boodskap #140450] |
Sun, 16 October 2022 10:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
geelkoper
Afbreking: geel•ko•per
Samestelling: geel + koper
Selfstandige naamwoord: geelkoper
Meervoud: –
Betekenis:
• 'n Legering/allooi van koper (70%) en sink (30%).
Gebruik:
• Die blombak is van geelkoper gemaak.
Sinoniem:
• messing
Afgelei:
• geelkoperbak
• geelkoperbeslag
• geelkoperdraad
• geelkoperemmer
• geelkopergieter
• geelkoperplaat
• geelkoperstaaf
Vertaling:
Engels: brass
Nederlands: geelkoper
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|