waak [boodskap #140428] |
Wed, 12 October 2022 16:24 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
waak
Afbreking: waak
Werkwoord: waak
Verlede tyd: het gewaak
Teenwoordige deelwoord: wakend, wakende
Betekenis:
• Om wakker bly, nie te slaap nie.
• Om wag te hou; iets op te pas.
• Om toesig te hou; sorg dra; toesien.
Gebruik:
• Waak as ander slaap, en slaap as ander waak.
• Sy waak langs haar moeder se sterfbed. Die herder waak oor sy skape.
• 'n Komitee is aangestel om oor die maatskappy se finansies te waak.
Sinoniem:
• beskerm
• oppas
• toesien
• waghou
Antoniem:
• slaap
Afgelei:
• bewaak
• deurwaak
• lykwaak
• nagwaak
• ontwaak
• waakeenheid
• waakhond
• waaksaal
• waaksaam
Vertaling:
Engels: to be awake; to watch, be alert
Nederlands: waken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|