oorvloedig [boodskap #140426] |
Wed, 12 October 2022 07:19 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
oorvloedig
Afbreking: oor•vloe•dig
Samestelling: oorvloed + -ig
Byvoeglike naamwoord: oorvloedig
Vergrotende trap: oorvloediger
Oortreffende trap: oorvloedigste
Attributief: oorvloedige
Partitief: oorvloedigs
Betekenis:
• In oorvloed; wat in groot hoeveelheid aanwesig is.
Gebruik:
• Die voëllewe in die reservaat is oorvloedig.
Sinoniem:
• buitensporig
• kwistig
• milddadig
• oordadig
• rojaal
• ruimskoots
• ryklik
• verkwistend
Afgelei:
• oorvloedigheid
• oorvloediglik
Vertaling:
Engels: abundant
Nederlands: overvloedig
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|