joviaal [boodskap #140421] |
Tue, 11 October 2022 11:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20988 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
joviaal
Afbreking: jo•vi•aal
Byvoeglike naamwoord: joviaal
Vergrotende trap: jovialer
Oortreffende trap: joviaalste
Attributief: joviale
Partitief: joviaals
Betekenis:
• Wat in 'n goeie luim is; opgewek en gesellig.
Gebruik:
• Met ons aankoms is ons vriendelik en joviaal ontvang.
Sinoniem:
• amikaal
• blymoedig
• gemoedelik
• gesellig
• gulhartig
• hartlik
• plesierig
• opgeruimd
• opgewek
• vrolik
Afgelei:
• jovialerig
• jovialiteit
Vertaling:
Engels: jovial, merry, cheerful
Nederlands: joviaal
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|