maatreël [boodskap #140412] |
Sun, 09 October 2022 15:52 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
maatreël
Afbreking: maat•re•ël
Samestelling: maat + reël
Selfstandige naamwoord: maatreël
Meervoud: maatreëls
Betekenis:
• 'n Bepaling of reëling sodat sake reg en ordelik kan verloop.
Gebruik:
• Enige maatreël wat mense se vryhede inperk moet veroordeel word.
• Maatreëls is in plek gestel om die verspreiding van die siekte te voorkom.
Afgelei:
• dwangmaatreël
• noodmaatreël
• oorgangsmaatreël
• sekerheidsmaatreël
• strafmaatreël
• tugmaatreël
• veiligheidsmaatreël
• vergeldingsmaatreël
• voorsorgmaatreël
• teëmaatreël
• teenmaatreël
Vertaling:
Engels: measure
Nederlands: maatregel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|