invorder [boodskap #140409] |
Sun, 09 October 2022 13:32 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
invorder
Afbreking: in•vor•der
Samestelling: in + vorder
Werkwoord: vorder in, invorder
Verlede tyd: het ingevorder
Betekenis:
• Om betaling van belasting of skuld te eis.
Gebruik:
• Die bende moes een keer per week koeverte vol omkoopgeld invorder.
Sinoniem:
• insamel
• inwin
• kollekteer
• opeis
• opvra
• verhaal
Afgelei:
• invorderaar
• invorderbaar
• invordering
Vertaling:
Engels: to collect, revover
Nederlands: invorderen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|