kodeks [boodskap #140399] |
Sat, 08 October 2022 13:06 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kodeks
Afbreking: ko•deks
Selfstandige naamwoord: kodeks
Meervoud: kodekse
Betekenis:
• Outydse teks (meestal met die hand geskryf) met bladsye eerder as die ouer rolle.
• 'n Juridiese teks; wetboek.
Gebruik:
• Die kodeks het dit moontlik gemaak om deur teks te blaai, dit is later 'n boek genoem.
• 'n Wetboek word soms 'n kodeks genoem omdat wette in sulke kodekse opgeneem is.
Verwant:
• kodikologie
Vertaling:
Engels: codex
Nederlands: codex
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|