Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » eensgesind
eensgesind [boodskap #140385] Wed, 05 October 2022 06:55
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
eensgesind
Afbreking: eens•ge•sind
Samestelling: een + -s- + gesind


Byvoeglike naamwoord: eensgesind
Attributief: eensgesinde

Betekenis:
• Met dieselfde gesindheid. Wat dieselfde oor 'n saak dink en voel.

Gebruik:
• Die party se lede is eensgesind in hulle teenkanting teen 'n sosialistiese staatsvorm.

Sinoniem:
• eendragtig
• eenparig
• eenstemmig
• harmonies
• gelykgesind
• samehorig

Antoniem:
• onenig
• verdeeld

Afgelei:
• eensgesindheid

Vertaling:
Engels: unanimous, consentient
Nederlands: eensgezind

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: hittete
Volgende onderwerp: hoofkarakter
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:08:56 UTC 2025