vervrolik [boodskap #140370] |
Mon, 03 October 2022 16:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vervrolik
Afbreking: ver•vro•lik
Samestelling: ver- + vrolik
Werkwoord: vervrolik
Verlede tyd: het vervrolik
Betekenis:
• Om vrolik (bly) te maak, of vrolik te laat lyk.
Gebruik:
• Die blomme vervrolik die morbiede vertrek.
Sinoniem:
• opfleur
• opkikker
• opvrolik
• verbly
Afgelei:
• vervroliking
Vertaling:
Engels: to cheer up, enliven
Nederlands: vervrolijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|