vermenslik [boodskap #140368] |
Mon, 03 October 2022 14:55 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vermenslik
Afbreking: ver•mens•lik
Samestelling: ver- menslik
Werkwoord: vermenslik
Verlede tyd: het vermenslik
Betekenis:
• Om menslike eienskappe aan iets toe te dig.
Gebruik:
• Die boek bevat dierestories, waarin die diere telkens vermenslik word.
Sinoniem:
• humaniseer
• personifieer
Antoniem:
• verontmenslik
Afgelei:
• vermensliking
Vertaling:
Engels: to humanise, humanize
Nederlands: vermenselijken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|