eerskomende [boodskap #140342] |
Fri, 30 September 2022 12:33 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
eerskomende
Afbreking: eers•ko•men•de
Samestelling: eers(te) + kom(ende)
Byvoeglike naamwoord: eerskomend
Attributief: eerskomende
Betekenis:
• Wat eerste hierna volg.
Gebruik:
• Die wedstryd sal eerskomende Saterdag gespeel word.
Sinoniem:
• aankomende
• aanstaande
• eersvolgende
• komende
• naasvolgende
• volgende
Afkorting:
• ek.
Vertaling:
Engels: following, next, nearest
Nederlands: eerstkomende
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|