afskrik [boodskap #140332] |
Wed, 28 September 2022 18:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afskrik
Afbreking: af•skrik
Samestelling: af + skrik
Werkwoord: skrik af, afskrik
Verlede tyd: het afgeskrik
Betekenis:
• Om so bang te maak dat iemand van iets sal afsien (dit nie doen nie).
• (informeel) Om so erg te skrik dat iets loskom.
Gebruik:
• Die koue skrik ons nie af nie. Hulle probeer ons afskrik, maar dit werk nie!
• Ek het my gat afgeskrik.
Sinoniem:
• ontmoedig
• ontsenu
Afgelei:
• afskrikking
• afskrikmiddel
Vertaling:
Engels: to deter by fear, scare off, frighten, intimidate
Nederlands: afschrikken
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|