Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » bewerking
bewerking [boodskap #140328] Wed, 28 September 2022 07:37
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
bewerking
Afbreking: be•wer•king
Samestelling: bewerk + -ing


Selfstandige naamwoord: bewerking
Meervoud: bewerkinge, bewerkings
Verkleinwoord: bewerkinkie
Meervoud van verkleining: bewerkinkies

Betekenis:
• Die handeling of resultaat van bewerk (om iets vir 'n bepaalde doel te verander).

Gebruik:
• Vermenigvuldiging is 'n wiskundige bewerking waar 'n getal 'n aantal kere by homself getel word.

Hiponiem:
• grondbewerking
• handbewerking
• houtbewerking
• ivoorbewerking
• kleibewerking
• kunsbewerking
• landboubewerking
• metaalbewerking
• orkesbewerking
• toneelbewerking

Verwant:
• bewerker

Afkorting:
• bew.

Vertaling:
Engels: operation
Nederlands: bewerking

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: effekleurig
Volgende onderwerp: omskakel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:55:29 UTC 2025