uiteensetting [boodskap #140324] |
Tue, 27 September 2022 19:23 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
uiteensetting
Afbreking: uit•een•set•ting
Samestelling: uiteensit + -ing
Selfstandige naamwoord: uiteensetting
Meervoud: uiteensettinge, uiteensettings
Betekenis:
• Teks waarin 'n saak uiteengesit is; 'n feitlike en puntsgewyse verduideliking van 'n onderwerp.
Gebruik:
• 'n Uiteensetting moet objektief en tot die punt wees.
Sinoniem:
• beredenering
• raamwerk
• uitleg
• verduideliking
• verklaring
Antoniem:
• beskouing
• interpretasie
Vertaling:
Engels: outline, explanation, exposition
Nederlands: uiteenzetting
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|