hotagter [boodskap #140308] |
Sun, 25 September 2022 09:38 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
hotagter
Afbreking: hot•ag•ter
Samestelling: hot (links) + agter
Bywoord: hotagter
Betekenis:
• Wat heelagter aan die linkerkant is.
Gebruik:
• Die os wat hotagter trek kry altyd die swaarste.
Spreekwoord:
• Dit hotagter kry. [Baie moeilik/swaar kry.]
Vertaling:
Engels: left rear; have a rough time
Nederlands: linksachter
Selfstandige naamwoord: hotagter
Meervoud: –
Betekenis:
• Die een aan die linkerkant heelagter.
Gebruik:
• Die touleier jaag die hotagter aan.
Sinoniem:
• linkeragter
Antoniem:
• haaragter
Afgelei:
• hotagterdonkie
• hotagteresel
• hotagterleisel
• hotagteros
• hotagterperd
• hotagtertuig
• hotagterwiel
Vertaling:
Engels: the left rear
Nederlands: linksachter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|