sinspeel [boodskap #140300] |
Sat, 24 September 2022 14:39 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
sinspeel
Afbreking: sin•speel
Samestelling: sin + speel
Werkwoord: sinspeel
Verlede tyd: het gesinspeel
Betekenis:
• Om vaagweg of op 'n indirekte manier na iets te verwys; laat deurskemer.
Gebruik:
• Toe die priesterhoofde en die Fariseërs Jesus se gelykenisse hoor, het hulle besef dat Hy op hulle sinspeel. [Matteus 21:45]
Sinoniem:
• impliseer
• insinueer
• skimp
Afgelei:
• sinspeling
Vertaling:
Engels: to allude
Nederlands: zinspelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|