Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » kokosneut
kokosneut [boodskap #140286] Tue, 20 September 2022 18:44
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Oopgebreekte kokosneut.
'n Oopgebreekte kokosneut.
kokosneut
Afbreking: ko•kos•neut
Uitspraak: /kʊə̯kɔsnɪøt/


Selfstandige naamwoord: kokosneut
Meervoud: kokosneute
Verkleinwoord: kokosneutjie
Meervoud van verkleining: kokosneutjies

Betekenis:
• Die hol vrug van die kokosboom/kokospalm.

Gebruik:
• 'n Kokosneut het 'n harde, bruin dop met wit vleis en 'n melkerige vloeistof wat 'n mens kan drink.

Sinoniem:
• klapper

Afgelei:
• kokosneutpalm

Vertaling:
Engels: coconut
Nederlands: kokosnoot

Nota:
• 'n Kokosneut is nie regtig 'n neut nie, maar is so hard soos een.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: flank
Volgende onderwerp: oorskryf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:40:35 UTC 2025