verontmenslik [boodskap #140279] |
Tue, 20 September 2022 11:48 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
verontmenslik
Afbreking: ver•ont•mens•lik
Werkwoord: verontmenslik
Verlede tyd: het verontmenslik
Betekenis:
• Om van menslike eienskappe te ontneem; van menswaardigheid beroof.
Gebruik:
• Die Nazi's het die Jode verontmenslik deur hulle rotte, bakterieë en slange te noem.
Sinoniem:
• dehumaniseer
Antoniem:
• vermenslik
Afgelei:
• verontmensliking (s.nw.)
Vertaling:
Engels: to dehumanize
Nederlands: ontmenselijken, dehumaniseren
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|