kraakvars [boodskap #140259] |
Sat, 17 September 2022 16:21 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kraakvars
Afbreking: kraak•vars
Samestelling: kraak + vars
Byvoeglike naamwoord: kraakvars
Vergrotende trap: kraakvarser
Oortreffende trap: kraakvarsste
Attributief: kraakvars (kraakvarse)
Betekenis:
• Intensiewe vorm van vars. Besonder vars.
Gebruik:
• Die botter smelt op die kraakvars brood.
Sinoniem:
• douvars
• neutvars
• oondvars
Vertaling:
Engels: brand new
Nederlands: kersvers
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|