galbitter [boodskap #140257] |
Sat, 17 September 2022 14:45 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
galbitter
Afbreking: gal•bit•ter
Samestelling: gal + bitter
Byvoeglike naamwoord: galbitter
Attributief: galbitter (galbittere)
Betekenis:
• Intensiewe vorm van bitter. Baie bitter. So bitter soos gal.
Gebruik:
• Die medisyne is galbitter. Hoe moet 'n mens dit gedrink kry?
Sinoniem:
• alweebitter
• aalwynbitter
Antoniem:
• suikersoet
Vertaling:
Engels: as bitter as gall, bilious bitter
Nederlands: galbitter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|