blitsvinnig [boodskap #140249] |
Sat, 17 September 2022 08:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
blitsvinnig
Afbreking: blits•vin•nig
Samestelling: blits + vinnig
Byvoeglike naamwoord: blitsvinnig
Vergrotende trap: blitsvinniger
Oortreffende trap: blitsvinnigste
Attributief: blitsvinnige
Betekenis:
• Intensiewe vorm van vinnig. Baie vinnig. So vinnig soos 'n blits. In aller yl.
Gebruik:
• Die polisie het blitsvinnig op die toneel opgedaag.
Sinoniem:
• blitsig
• blitssnel
• gou-gou
• helvinnig
• inderhaas
• kwikvinnig
• snel
• spoedig
• vlugvoetig
Antoniem:
• doodstadig
Afgelei:
• blitsvinnigheid
Vertaling:
Engels: lightning-like, hastily, hotfoot
Nederlands: bliksemsnel
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|