Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » slagting in die baai
slagting in die baai [boodskap #140245] Vr, 16 September 2022 12:14
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sit op die rotse by Hermanus
my blik gevestig op die baai
soekend na ‘n teken van ‘n beweging
veroorsaak deur die grootste vis aan ons kus

na wat soos ure voel, gewaar ek dit
‘n reuse donker kol onder die water
twee strale water wat in die lug op spuit
‘n reuse vin wat deur die water breek
‘n nog groter stert wat vir my wuif
‘n asemrowende lyf wat soos ‘n drywende rotsblok lyk

terwyl ek verstom na die walvis voor my kyk
trek iets my aandag verder oor die baai
dis dieselfde toneel wat hom voor my afspeel
en dit gaan so voort totdat die ganse baai (Gansbaai?)
verander in ‘n waterverhoog gevul met walvisakteurs

weggevoer na ‘n ander wêreld
sit ek in hierdie reuse amfiteater
en aanskou elke beweging van die waterkonsert
skielik tref dit my
watter slagting daagliks hier in die baai plaasvind
om al hierdie waterakteurs te voed
Vorige onderwerp: 'n kans om jammer te sê
Volgende onderwerp: 'n afskeidsgesprek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:08:53 MGT 2024