skeidsmuur [boodskap #140243] |
Fri, 16 September 2022 10:05 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
skeidsmuur
Afbreking: skeids•muur
Samestelling: skeid(ing) + -s- + muur
Selfstandige naamwoord: skeidsmuur
Meervoud: skeidsmure
Verkleinwoord: skeidsmuurtjie
Meervoud van verkleining: skeidsmuurtjies
Betekenis:
• 'n Muur wat skeiding bring, dikwels figuurlik, 'n onoorkomelike hindernis.
Gebruik:
• Maar julle ongeregtighede het 'n skeidsmuur geword tussen julle en julle God. [Jesaja 59:2]
Sinoniem:
• afskeiding
• afskorting
• grensmuur
• hindernis
• skerm
• skeiding
• tussenmuur
• tussenskerm
• versperring
Vertaling:
Engels: dividing wall
Nederlands: scheidingsmuur, scheidingswand
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|