agterspeler [boodskap #140226] |
Sun, 11 September 2022 19:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
agterspeler
Afbreking: ag•ter•spe•ler
Samestelling: agter + speler
Selfstandige naamwoord: agterspeler
Meervoud: agterspelers
Verkleinwoord: agterspelertjie
Meervoud van verkleining: agterspelertjies
Betekenis:
• 'n Speler wat agter (in die agterste linies) speel.
Gebruik:
• 'n Rugbyspan het 7 agterspelers, nl, die skrumskakel, losskakel, binnesenter, buitesenter, linkervleuel, regtervleuel en heelagter.
Antoniem:
• voorspeler
Vertaling:
Engels: back player
Nederlands: achterspeler
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|