Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » gehalte
gehalte [boodskap #140216] Sun, 11 September 2022 09:21
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
gehalte
Afbreking: ge•hal•te


Selfstandige naamwoord: gehalte
Meervoud: gehaltes

Betekenis:
• Die mate waarin iets goed is.
• Die hoeveelheid van iets in 'n mengsel.

Gebruik:
• Die gehalte van die drinkwater laat veel te wense oor.
• Die wors se vetgehalte is hopeloos te hoog.

Sinoniem:
• kaliber
• kwaliteit
• peil
• standaard

Hiponiem:
• alkaligehalte
• eiwitgehalte
• ertsgehalte
• fluoorgehalte
• goudgehalte
• humusgehalte
• kaliumgehalte
• klankgehalte
• kleigehalte
• koolgehalte
• lugvoggehalte
• middelgehalte
• muntgehalte
• silwergehalte
• soutgehalte
• standaardgehalte
• stemgehalte
• stikstofgehalte
• suikergehalte
• suurgehalte
• tingehalte
• toongehalte
• topgehalte
• veselgehalte
• vetgehalte
• watergehalte

Afgelei:
• gehaltebeheer
• gehaltesorg
• gehaltetyd
• gehaltevereistes

Vertaling:
Engels: quality, grade, standard
Nederlands: gehalte

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: kalamyn
Volgende onderwerp: polariteit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:03:38 UTC 2025