kalamyn [boodskap #140215] |
Sun, 11 September 2022 08:49 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
kalamyn
Afbreking: ka•la•myn
Selfstandige naamwoord: kalamyn
Meervoud: kalamyne
Betekenis:
• 'n Mineraal wat sink bevat.
Gebruik:
• In die 19de eeu is ontdek dat kalamyn eintlik twee soortgelyke, maar afsonderlike minerale is, nl. sinkkarbonaat (smithsoniet) en sinksilikaat (hemimorfiet).
Sinoniem:
• galmei
• sinkerts
Afgelei:
• kalamynagtig
• kalamynmelk
• kalamynsteen
Vertaling:
Engels: calamine
Nederlands: kalamijn
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|