karkei [boodskap #140209] |
Fri, 09 September 2022 15:56 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
karkei
Afbreking: kar•kei
Selfstandige naamwoord: karkei
Meervoud: karkeie
Verkleinwoord: karkeitjie
Meervoud van verkleining: karkeitjies
Betekenis:
• Vetplant met dik stamme, rooi blomme en vlesige blare (o.a. Cotyledon cacalioides en C. wallichi).
Gebruik:
• Karkei is 'n giftige struik wat krimpsiekte by vee veroorsaak.
Sinoniem:
• nenta
• nentabos
• krimpsiektebos
• krimpsiektebossie
• kandelaarbos
Afgelei:
• karkeibos
Vertaling:
Engels: karkei
Nederlands: karkei
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|