peusel [boodskap #140203] |
Thu, 08 September 2022 17:42 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
peusel
Afbreking: peu•sel
Werkwoord: peusel
Verlede tyd: het gepeusel
Teenwoordige deelwoord: peuselende
Betekenis:
• Om bietjie vir bietjie en met smaak te eet; kos stadig en met klein happies te nuttig.
Gebruik:
• Hulle kuier en peusel aan grondboontjies.
Sinoniem:
• knaag
• knabbel
• knibbel
• pik
• proe
• snoep
Afgelei:
• afpeusel
• oppeusel
• peuselhappie
• peuselkroeg
• peuselwerkie
Vertaling:
Engels: to snack, nibble
Nederlands: peuzelen
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|