keurder [boodskap #140201] |
Thu, 08 September 2022 12:58 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
keurder
Afbreking: keur•der
Samestelling: keur + -der
Selfstandige naamwoord: keurder
Meervoud: keurders
Verkleinwoord: keurdertjie
Meervoud van verkleining: keurdertjies
Betekenis:
• Iemand wat beoordeel en keur; persoon wat besluit of iets goed genoeg is.
Gebruik:
• Die moeilikste taak van 'n keurder is nie om die span te kies nie, maar om dit aan die spelers oor te dra.
Sinoniem:
• beoordelaar
• keurmeester
• toetser
Afgelei:
• afkeurder
• boekkeurder
• lugkeurder
• rugbykeurder
• vleiskeurder
Vertaling:
Engels: selector, inspector, examiner
Nederlands: keurder
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|