naamloos [boodskap #140198] |
Wed, 07 September 2022 19:26 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
naamloos
Afbreking: naam•loos
Samestelling: naam + -loos
Byvoeglike naamwoord: naamloos
Attributief: naamlose
Betekenis:
• Iets of iemand sonder 'n naam.
Gebruik:
• Die informant wil naamloos bly.
• Hy het die naamlose brief in die asblik gegooi.
Sinoniem:
• anoniem
• onbenoemd
• ongeteken
• ongetiteld
• titelloos
Vertaling:
Engels: nameless, anonymous
Nederlands: naamloos
Nota:
• Moenie "naamloos" met "nameloos" (baie groot, onbeskryflik) verwar nie.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|