dankvlug [boodskap #140192] |
Wed, 07 September 2022 07:52 |
Louis Basson
Boodskappe: 200 Geregistreer: June 2022
Karma: 4
|
Senior Lid |
|
|
vir 'n wyle het die reëndruppels 'n ander heenkome gaan soek
en dit het skielik baie stil geraak hier waar ek sit en werk
so stil dat ek nie anders kon as om weg te stap van die digitale boek
om te gaan kyk wat buitekant gebeur
alles was nat en oral het groot poele water gelê
terwyl voëls tevrede en dankbaar reuse sirkels in die lug teken
en soms kom loer wat die nuutgevonde spieëls van hul voorkoms sê
'n dankgebedjie het diep in een van my hart se binnekamers ontstaan
|
|
|