Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » roerdomp
roerdomp [boodskap #140190] Tue, 06 September 2022 19:47
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
'n Roerdomp.
'n Roerdomp.
roerdomp
Afbreking: roer•domp


Selfstandige naamwoord: roerdomp
Meervoud: roerdompe
Verkleinwoord: roerdompie
Meervoud van verkleining: roerdompies

Betekenis:
• 'n Skugter voël uit die reierfamilie, Botaurus stellaris.

Gebruik:
• Die roerdomp skuil gewoonlik tussen riete en biesies waar hulle vis en amfibiese diere soek om te vreet.

Sinoniem:
• grootrietreier

Vertaling:
Engels: great bittern
Nederlands: roerdomp

Nota:
• "Roer" is ou Nederlandse woord vir riet en "domp" verwys na die dowwe (dompe) geluid wat die voël maak.

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: domp
Volgende onderwerp: onrustig
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:05:25 UTC 2025