Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die lewe
die lewe [boodskap #140187] Di, 06 September 2022 15:19
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
soos elke draadjie wol van ‘n pragtige kombers
is ook elke lewe stewig tussen ander lewens deurgevleg
om so ‘n ondeurdringbare mat van vertroue en respek te vorm
stewig deur die liefde aanmekaar geheg

soms gebeur dit dat ‘n draadjie breek of rafel
en dan is daar ‘n gat in die kombers
om so ‘n gat in ons mat weer heel te maak
wend ons onsself na ‘n geskikte Bybelvers

‘n duur kombers vol gate kan minder beskerming bied
en raak later geheel en al nutteloos
net so is ons lewensmat
so hard soos ‘n diamant, maar ook net so broos
Vorige onderwerp: al ooit
Volgende onderwerp: my redding
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 03:47:13 MGT 2024