Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » al ooit
al ooit [boodskap #140177] Sa, 03 September 2022 13:08
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
al ooit gewonder
waarom gaan die son nie werklik onder
omdat die mense anderkant die aarde nie kan klaarkom daarsonder

al ooit gedink
waarom die muishond so stink
sodat nie-muishonde nie sy vleis sal vreet en sy bloed sal drink

al ooit besef
waarom het ‘n mes ‘n hef
sodat die skerpe lem nie die snyer se hand sal tref

al ooit verstaan
waarom woon daar niemand op die maan
omdat dit te ver is vir ‘n naweek hiervandaan

al ooit geraai
waarom die aarde draai
sodat die son ons nie vir 24 uur lank hoef te braai

al ooit onthou
waarom jy jou arms daagliks om haar moet vou
omdat jy haar liefhet, want sy is jou vrou
Vorige onderwerp: die magtige sneeuvlokkie
Volgende onderwerp: die lewe
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 14:41:11 MGT 2024