Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » die magtige sneeuvlokkie
die magtige sneeuvlokkie [boodskap #140176] Sa, 03 September 2022 12:52
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
die sneeuvlokkie val geluidloos en sag op die aarde
te midde van die dolle gejaag na oorlewing
maar niemand heg aan die klein vlokkie enige waarde
want hy is gans te klein vir invloed op die omgewing

hulle is wel klein, maar val in baie groot getalle
alhoewel elke vlokkie se bestaan uniek is
vorm hulle saam spoedig gevaarlik hoë walle
‘n lewensgevaarlike situasie, gewis

elke moontlike vorm van vervoer word erg beïnvloed
en in party gevalle kom dit selfs tot stilstand
daar heers absolute chaos onder die mensevloed
want daar is reeds 'n dik sneeukombers van hoek tot kant

ek sidder as ek dink wat hier op aarde sou gebeur
as mense mekaar soos die sneeuvlokkies ondersteun
want dan sal hulle dinge soos moord en verkragting afkeur
terwyl naasteliefde en respek soos omweer dreun
Vorige onderwerp: heroldsbaai
Volgende onderwerp: al ooit
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 08:58:17 MGT 2024