Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » heroldsbaai
heroldsbaai [boodskap #140175] Sa, 03 September 2022 07:27
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
‘n traan van verlange rol oor my wang
as ek terugdink na die dae van ons jeug
toe ons lewens gevul was met voëlgesang
en alles wat ons doen was voortgebring uit vreug’

ek, die sproetgesig seuntjie
wat skulpe optel op die sand
en jy, die besige strandjie met die deuntjie
wat die skulpe weer wegraap voor my hand

ek was toe nog jonk en ongebonde
ek het graag in jou waters geswem
jy was rein en ongeskonde
en ek het geglo dat hul jou nooit sal tem

ek het so baie oor jou hangbruggies gehuppel
om jou pragtige natuurskoon te bewonder
en jy het so hard gesukkel
om my by te kom van daar onder

maar ek kan maar vir jou sê
ek was altyd ‘n bietjie vir jou bang
want daar is vele wat iewers lê
soos jy hulle elke jaar kom vang

elektrisiteit het jy toe nog nie geglo
en water was te koop by die kraan op die hoek
nuwe vriende het jy gereeld gewen
want almal het na jou skoonheid kom soek

maar nou het ons altwee veel ouer geword
jy het reeds lankal gebars uit jou nate
en ek begin sukkel om my broek te omgord
jou heuwels is geskend deur die grondmagnate

op die foto’s wat ek saamdra in my brein
en waardeur ek nog gedurig blaai
is jy steeds nog my strandjie klein
my pragtige, jeugdige heroldsbaai
Vorige onderwerp: hello, pa
Volgende onderwerp: die magtige sneeuvlokkie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 07:30:49 MGT 2024