Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hello, pa
hello, pa [boodskap #140174] Sa, 03 September 2022 07:26
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hallo, pa
ek verlang na die pa-en-seun-dae
wat ek in al my vyftig jaar
nooit die voorreg kon hê om te ervaar
nooit kon ek vir pa sê
dat ek graag in jou arms wou lê
nooit het ek die kans gekry
om op jou nek te ry
nooit kon ek jou uitvra
oor die dinge wat my pla
nooit kon ons speel met ‘n bal
of jy my weer optel elke keer as ek val
nooit kon jy met my stories deel
uit jare reeds lankal vergeel
nooit kon jy my straf
wanneer ek van die lewenspad af draf
nooit kon ek vir jou sê
dat ek jou vir altyd lief sou hê

ja, pa
daar was menige dae
wanneer ek vir jou baie kwaad was
omdat jy so sonder my verkas
want ek kon nie verstaan
waarom jy weg moes gaan
vandag verstaan ek
maar dit maak steeds nie op vir die gebrek
om groot te word sonder ‘n pa
ja, daar is ma
en ek is baie trots op haar
want ek dink sy het besonder goed gevaar
maar sy is nie ‘n man
en daar is dinge wat net ons mans kan

maar pa
ek kan darem “baie dankie” sê, o ja
baie dankie vir die meisie wat pa as vrou
geneem het om mee te trou
baie dankie vir elke gene en karaktertrek van pa
wat saam met díé van ma
gehelp het om van my ek te maak
ek glo dat pa ook op die resultaat trots sou raak
Vorige onderwerp: hoe sê mens dankie
Volgende onderwerp: heroldsbaai
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 13:39:04 MGT 2024