Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » hoe sê mens dankie
hoe sê mens dankie [boodskap #140173] Sa, 03 September 2022 07:24
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
hoe sê mens dankie vir ‘n leeftyd
‘n leeftyd van na-oorlogse swaarkry
met vyf honger magies om te vul
‘n leeftyd van afskeid by ‘n ope graf
van waarom-vrae en weerbegin
soms sê die woordjie “dankie” net te min

hoe sê mens dankie vir ‘n leeftyd
‘n leeftyd van liefde vir plant en dier
waar die mens deel vorm van die natuur
‘n leeftyd van skeppende kuns en musiek
talentontgunning van elke kind
genoeg dankie-woorde kan mens skaars vind

hoe sê mens dankie vir ‘n leeftyd
‘n leeftyd van verkeerdom-politiek
waar nat en sap droër is as kurk
‘n leeftyd van omgekeerde politiek
die regering is nie meer blank nie
moeder, ek sê: “baie, baie dankie!”
Vorige onderwerp: God se Tempel
Volgende onderwerp: hello, pa
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 01:03:16 MGT 2024