Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » God se Tempel
God se Tempel [boodskap #140172] Vr, 02 September 2022 16:01
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek het my rug onbewustelik beseer
terwyl ek besig was om my dagtaak uit te voer
aanvankllik was daar ‘n ongemaklike gevoel iewers doer
maar ek was te besig
en het my rug op die ongemak gekeer

ure het dae geword en die ongemak het elke keer
meer stukrag teen my dagtaak ingevoer
totdat algehele nutteloosheid vir my kom loer
en ek besef het
dat ek moet praat met my Heer

want slegs Hy kan die ongemak afweer
wat tans besig is om my werwels deurmekaar te roer
sodat ek geen breininstruksie meer uit kan voer
slegs Hy het die mag
om die groei van hierdie ongemak te keer

hieruit het ek die wonderlike lewensles geleer
dat afgesien van die ongemak wat vir my loer
daar ’n baie sterker Hand is aan diie roer
omdat my liggaam sy Tempel is
en ek daardie feit nooit mag ignoreer
Vorige onderwerp: jeuglose land
Volgende onderwerp: hoe sê mens dankie
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Apr 27 16:59:11 MGT 2024