diversiteit [boodskap #140154] |
Wed, 31 August 2022 17:36 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
diversiteit
Afbreking: di•ver•si•teit
Samestelling: divers + -iteit
Selfstandige naamwoord: diversiteit
Meervoud: diversiteite
Betekenis:
• Die toestand of mate waarin iets divers (met verskeidenheid) is.
Gebruik:
• Nasiebou impliseer gewoonlik assimilasie in die groter samelewing en die ontkenning en/of uitwissing van etniese, kulturele en taalkundige diversiteit.
Sinoniem:
• afwisseling
• meervoudigheid
• ongelykheid
• pluralisme
• uiteenlopendheid
• verskeidenheid
• verskil
Antoniem:
• homogeniteit
Afgelei:
• biodiversiteit
• diversiteitsplan
Vertaling:
Engels: diversity
Nederlands: diversiteit
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|