Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » wintersdag
wintersdag [boodskap #140151] Wo, 31 Augustus 2022 10:49
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
dit is tienuur in die oggend
in die kaggel brand die vuur
terwyl die pot stampmielies op die stoof byna kook

intussen word die boontjies op die kombuistafel gesorteer
sodat net die mooi vettes in die soppot sal beland

water val uit die lug asof reuse sluise oopgetrek is
in die sitkamer lê die honde vlak voor die kaggel
nou is die son reeds vier dae lank weg
terwyl blitse en donder sorg vir ‘n onaardse simfonie
en ek en jy en die dogters bibberend
reg langs die honde ons plekke inneem
Vorige onderwerp: taalspier
Volgende onderwerp: op die dak van die aarde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 03:08:50 MGT 2024