Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » taalspier
taalspier [boodskap #140150] Wo, 31 Augustus 2022 10:48
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
jy is hard, jy is sag
maak my huil, maak my lag
terwyl jy die taal elke dag
beskerm met al jou mag

jy is skepper van spraak
jy kan mense vermaak
terwyl jy die klanke uitbraak
wat jy in monde maak

jy gee kleur aan 'n taal
want jy maak dit verbaal
terwyl jy die klanke fynmaal
van jou lewensverhaal

jy gee vorm aan 'n woord
jy leer my die akkoord
terwyl die verhaal van die moord
op my taal nou verwoord

jy moet 'seblieftog keer
dat hul my taal beseer
terwyl hulle jou meer en meer
van buite wil beheer

jy's my enigste troos
want ek weet jy word boos
terwyl jy sukkel met jou kroos
van noord, suid, wes tot oos

jy's geen plant, jy's geen dier
jy verskaf my plesier
terwyl ek ontspan met 'n bier
jy's my tong, my taalspier
Vorige onderwerp: winterreën
Volgende onderwerp: wintersdag
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 01:44:13 MGT 2024