opkikker [boodskap #140149] |
Wed, 31 August 2022 10:28 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
opkikker
Afbreking: op•kik•ker
Samestelling: op + kikker
Werkwoord: kikker op, opkikker
Verlede tyd: het opgekikker
Betekenis:
• Om iemand op te beur, of iets beter te laat lyk of proe.
Gebruik:
• 'n Helder lipstiffie kan enige vaal dag opkikker.
Sinoniem:
• opbeur
• opvrolik
• verbly
• vervrolik
Vertaling:
Engels: to cheer up; brighten
Nederlands: opkikkeren, opvrolijken
Selfstandige naamwoord: opkikker
Meervoud: opkikkers
Verkleinwoord: opkikkertjie
Meervoud van verkleining: opkikkertjies
Betekenis:
• Iets wat 'n mens opbeur en beter laat voel as wat jy moet voel (soos drank en dwelms).
Gebruik:
• Elke atleet sal voor die sportbyeenkoms vir opkikkers getoets word.
Afgelei:
• opkikkeringstoets
Vertaling:
Engels: booster
Nederlands: opkikker
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|