afgemat [boodskap #140144] |
Wed, 31 August 2022 09:27 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
afgemat
Afbreking: af•ge•mat
Byvoeglike naamwoord: afgemat
Vergrotende trap: afgematter
Oortreffende trap: afgematste
Attributief: afgematte
Betekenis:
• Baie moeg. Wat deur inspanning uitgeput en vermoeid is.
Gebruik:
• Selfs jongmense raak uitgeput en afgemat. [Jesaja 40:30]
Sinoniem:
• afgerem
• afgesloof
• afgewerk
• doodmoeg
• flou
• futloos
• gedaan
• kapot
• kisboude
• klaar
• kragteloos
• op
• opgebruik
• pê
• poegaai
• pootuit
• sat
• suf
• tam
• uitgemergel
• uitgeput
• vermoeid
Afgelei:
• afgematheid
Vertaling:
Engels: exhausted, tired, fatigued, worn out
Nederlands: afgemat
Nota:
• Voltooide deelwoord van die werkwoord afmat.
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|