Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » trane uit die lug
trane uit die lug [boodskap #140140] Di, 30 Augustus 2022 19:18
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
yskoud sit ek voor die venster
met ‘n lied in my hart
want die droogte is gebreek
die reën bring ‘n einde aan die smart

daar is weer hoop vir die komende somer
soos stroompies bruisende riviere word
om hul vrag lewensvog vir mens, plant en dier
in lankvergete damme te stort

terwyl ek so na die druppels kyk
verander hulle in miljoene trane van Bo
wat op ons land gestort word
deur onsigbare huilende oë

wat almal neerkyk op die misdaad en geweld
diefstal, inbraak, verkragting en moord
korrupsie, aanranding en wetteloosheid
is dade wat ons daagliks ervaar sonder ‘n woord
Vorige onderwerp: hoekom ek my God
Volgende onderwerp: woorde
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Apr 30 06:17:04 MGT 2024