Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Woordeboek » rooibostee
rooibostee [boodskap #140135] Tue, 30 August 2022 13:23
Leksikograaf  is tans af-lyn  Leksikograaf
Boodskappe: 20989
Geregistreer: March 2019
Karma: 1
Senior Lid
Rooibostee
Rooibostee
rooibostee
Afbreking: rooi•bos•tee
Samestelling: rooibos + tee


Selfstandige naamwoord: rooibostee
Meervoud: rooibostees
Verkleinwoord: rooibosteetjie
Meervoud van verkleining: rooibosteetjies

Betekenis:
• 'n Tee van die blare van die rooibos (Aspalathus linearis).

Gebruik:
Rooibostee is 'n ryk bron van antioksidante wat jou o.a. teen verkoue en griep beskerm.

Wisselvorm:
• rooitee

Afgelei:
• rooibosteebedryf
• rooibosteeblare
• rooibosteeproduksie

Vertaling:
Engels: red bush tea, rooibos tea
Nederlands: rooibosthee

Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
Vorige onderwerp: fokmas
Volgende onderwerp: breingolf
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wed Jan 08 17:18:10 UTC 2025