Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » 'n kindergebedjie
'n kindergebedjie [boodskap #140131] Ma, 29 Augustus 2022 19:35
Louis Basson  is tans af-lyn  Louis Basson
Boodskappe: 200
Geregistreer: Junie 2022
Karma: 4
Senior Lid
ek sê my aandgebedjie
op my knietjies
langs my wagtende bedjie

ek vertel vir Liewe Jesus daarbo
hoe grootmense met ons kleintjies baklei
en vra vir Hom hoekom is dit so

ek het gedink dat hulle ons altyd lief sal hê
en vir ons sal leer om ook eendag grootmense te wees
want dit is wat hulle gedurig vir ons sê

ek vra vir Hom om met ons kleintjies te wees
en ons teen die grootmense te beskerm
en dat Hy ook hulle bakleisiekte moet genees

ek vertel vir Hom dat ek in my Kinderbybeltjie sien
dat Hy baie lief vir kindertjies is
omdat dit liefde is wat kindertjies verdien

ek bedank Hom vir my mamma en pappa en asem
want daar is baie kindertjies wat nie so iets het nie
en dan sê ek vir Hom amen
Vorige onderwerp: 'n uur in my lewe
Volgende onderwerp: engeleblik
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Apr 28 09:15:00 MGT 2024