vlotter [boodskap #140120] |
Sun, 28 August 2022 19:01 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
vlotter
Afbreking: vlot•ter
Selfstandige naamwoord: vlotter
Meervoud: vlotters
Verkleinwoord: vlottertjie
Meervoud van verkleining: vlottertjies
Betekenis:
• 'n Dryfliggam om die watervlak te bepaal en/of te reguleer.
Gebruik:
• Die watervlak in die tenk word deur 'n verstelbare vlotter beheer.
Sinoniem:
• dobber
Afgelei:
• vlotterbak
• vlotterklep
• vlotterkraan
Vertaling:
Engels: float, floater
Nederlands: vlotter
Byvoeglike naamwoord: vlot
Vergrotende trap: vlotter
Oortreffende trap: vlotste
Attributief: vlot
Betekenis:
• Vergrotende trap van vlot.
Gebruik:
• Sy praat vlotter Afrikaans as Engels.
Vertaling:
Engels: fluently
Nederlands: vlotter
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|