taphuis [boodskap #140113] |
Sat, 27 August 2022 18:10 |
|
Leksikograaf
Boodskappe: 20989 Geregistreer: March 2019
Karma: 1
|
Senior Lid |
|
|
taphuis
Afbreking: tap•huis
Samestelling: tap + huis
Selfstandige naamwoord: taphuis
Meervoud: taphuise
Verkleinwoord: taphuisie
Meervoud van verkleining: taphuisies
Betekenis:
• 'n Plek wat gelisensieer is om alkoholiese drank te verkoop.
Gebruik:
• Die kroegvlieg lê al weer in die taphuis.
Sinoniem:
• kantien
• kroeg
• taverne
• wynhuis
Vertaling:
Engels: taphouse, tavern, canteen, bar
Nederlands: kroeg, taverne
Laat weet asb as die inskrywing foute bevat of verder verbeter kan word.
|
|
|